ACVV se nuwe winkel spog met winskopies
2011-01-27
Johan Nel
IETS van alles teen winskooppryse – dis wat die ACVV se splinternuwe winkel op Wellington volgens Corla Hauptfleisch, die bestuurder, gaan poog om hul klante te bied. Die ACVV het pas die nuwe klere- en snuisterywinkel in die Boudell-gebou langs Spar se parkeerterrein geopen. Hauptfleisch sê dat hulle veral gaan poog om goeie klere teen baie lae pryse aan studente en ander belangstellendes te bied. Die winkel is ook oorlaai met ’n wye verskeidenheid snuisterye – kombuisgerei, huishoudelike toerusting, anderste geskenke en boeke. Die voorraad in die winkel bestaan hoofsaaklik uit donasies wat van die publikek ontvang word. Volgens Hauptfleisch is hulle totaal afhanklik van sulke skenkings en donasies om die winkel suksesvol te bedryf. Hoewel hulle op die oomblik ’n groot verskeidenheid voorraad te koop kan aanbied, nooi die ACVV weldoeners uit om hulle te help om nog meer uitstalrakke en ophangplek vir die voorraad in die hande te kry. Lede van die publiek wat ’n hand wil bysit of wat skenkings aan die winkel wil maak, word genooi om die winkel te besoek of om 021-873-2204 te skakel.
More
News
|