Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


CPUT bars vanjaar uit sy nate

CPUT bars vanjaar uit sy nate
 
2011-01-27

Johan Nel

DIE onderwysdepartement by CPUT Wellington bars uit sy nate, met 320 eerstejaarstudente wat vanjaar aangemeld het vir die onderwyskursus (wat in Afrikaans aangebied word) en verskeie wat nog wag op plek.

Volgens prof Johan Anker, assistent-dekaan van die universiteit se onderwysfakulteit, maak die 320 studente wat op Wellington ingeskryf is, deel uit van die bykans 4000 onderwysstudente wat vanjaar by die verskillende kampusse van die CPUT ingeskryf is.

Dit maak dat die universiteit tans oor een van die grootste onderwysfakulteite in die land beskik.

Weens beperkte fasiliteite kon slegs 320 aansoeke by die Wellingtonse kampus aanvaar word.

Tientalle ander voornemende onderwysstudente is op ’n waglys geplaas.

Die sluiting van die Hugenote Kollege op Wellington het tot groot verwarring onder voornemende studente gelei wat gevrees het dat CPUT ook sluit.

Aangesien die twee kolleges sekere fasiliteite in die verlede gedeel het, is daar vanjaar meer plek in CPUT se koshuise op die Wellington-kampus en sal daar meer plek in sommige lesinglokale wees, volgens ’n woordvoerder. Dié kollege groei steeds.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za