Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende Griekse kok skielik oorlede

Bekende Griekse kok skielik oorlede
 
2011-02-03


’n GELIEFDE voormalige restaurateur van die Paarl is verlede week skielik oorlede.

Johnny Voulgarellis, of soos wat hy in die Paarl bekend gestaan het, Johnny the Greek, het verlede week aan ’n hartaanval gesterf in Wolseley.

Hy het 12 jaar gelede die Paarl sy tuiste gemaak toe hy sy restaurant, Villanidia, stilletjies gevestig het agter die gebou te Hoofstraat 181 (nou Juno) in Paarl Hoofstraat.

Nuuskierige Paarlse kosliefhebbers het vinnig op Johnny se versteekte eetplek onder die ou eikebome afgekom.

Hier het hy die publiek getrakteer met ware Griekse geregte en sy alombekende pizzas. Talle bekendes van die Paarl het heel verslaaf geraak aan hierdie instelling, en mense soos Johan Bakkes, Leon Beukes en selfs destydse president FW de Klerk, het dikwels hier kom uitspan.

Beukes vertel dat Johnny nie altyd die maklikste mens was nie, maar as jy in sy hart ingekruip het, was jy vir altyd daar.

“Die eerste keer wat ek by Villanidia aangeklop het, het Johnny my summier weggewys omdat ek nie ’n tafel bespreek het nie.

“Ek het my vervies en omgedraai om te loop, maar hy het ons teruggeroep en gesę dat ons maar sy tafel kon gebruik.

“Nie net het hy ons getrakteer met die lekkerste kos nie, maar hy het deur die jare een van my beste vriende geword.”

Johnny het later sy restaurant se deure gesluit en het by Zomerlust Gastehuis begin kook. Hierna is hy na die Calabash bush-pub in Bainskloof en as sjef na die Wolseley Hotel. Voorheen het hy restaurante besit in Kimberley en De Aar.

“Johnny het as 12-jarige kind alleen Suid-Afrika toe gekom op soek na groener weivelde. Hy het begin werk as bakker in Kaapstad en so het hy later gevorder tot sjef.

“Hy was ’n swerwer, maar as jy hom eenmaal ontmoet het, sou jy hom vir altyd onthou.” Johnny sou op 28 Februarie sestig geword het.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za