Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ma pak Berg Kilimanjaro

Ma pak Berg Kilimanjaro
 
2011-02-03

Engela Duvenage

’n ENERGIEKE Wellingtonse ma hoop om, terwyl sy die sneeubedekte piek van Kilimanjaro bestyg, ook fondse in te samel vir die winterkombersprojek van die plaaslike Christen-gemeenskapsaksie waarby sy betrokke is.

Betsie Retief, die ma van drie blondekop-kinders, vertel dat sy nog altyd daarvan gedroom het om Afrika se hoogste berg uit te klim, maar dat sy nooit werklik gedink het dat die kans haar kant toe sou kom nie. Haar man, Tobi, het haar egter verras met ’n Kilimanjaro-klimtog vir haar veertigste verjaarsdag.

As deel van die Kilimanjaro-avontuur sal sy en haar toergroep tussen vyf en sewe ure per dag berg-op stap via die Machameroete.

Hulle begin op Valentynsoggend die rustende vulkaan in die noordooste van Tanzanië bestyg. Betsie hoop om teen sonsopkoms op 19 Februarie bokant Afrika uit te troon, en trots ’n vlag van die Ma’s-vi’-Wellington op Uhurupiek te laat wapper.

Ma’s-vi’-Wellington bestaan uit ’n groep Christenvroue wat twee keer ’n week voedsel verskaf en ’n geestelike boodskap en ’n aktiwiteitsprogram bring aan meer as 200 voorskoolse kinders in die woonbuurte Egoli en Carterville.

“Ons daag mense uit om enigiets van R5,89 en R58,95 tot R589,50 en R5895 te bewillig ter ondersteuning van hierdie projek,” sê Stephanie, met verwysing na die 5895m hoë piek wat Betsie namens Ma’s-vi’-Wellington gaan aandurf.

Volgens Betsie hoef ’n mens nie uitermate fiks te wees om die uitdaging te kan maak nie, net “baie gesond”.

Mense wat haar avontuur wil ondersteun deur ’n donasie aan Ma’s-vi-Wellington te maak, kan dit inbetaal in die organisasie se Absa Wellington bankrekeningnommer 9193220237 en “Kilimanjaro” as verwysing te gebruik. Kontak Stephanie Henderson vir meer besonderhede by 083-459-5961, 021-873-2144 of masviwellington@telkomsa.net.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za