Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisieman van formaat

Polisieman van formaat
 
2011-02-17

Lise Beyers

DIE Paarl kan trots wees op ’n nuwe toevoeging tot sy range in die vorm van die nuwe polisiebevelvoerder, brigadier Leon Grobbelaar - ’n polisieman van formaat.

Grobbelaar is geen nuweling híér nie. Hy woon sedert 2001 in die Paarl nadat hy aangestel is by die provinsiale area-kantore wat toe hiér geleë was.

Grobbelaar se polisieloopbaan het in die Vrystaatse dorp Welkom begin. In 1989 is hy na die Oos-Kaap verplaas as distriks-speurhoof.

Hy is later bevorder tot area-speurhoof in Cradock, waarna hy by die provinsiale hoofkantoor van die polisie in die Wes-Kaap aangesluit het.

Voor sy nuutste pos was hy aan die stuur van Worcester polisiestasie.

Grobbelaar is in murg en been ’n ondersoekende polisieman en daar is niks wat iemand hom kan leer van speurwerk nie.

As stasiebevelvoerder van die Paarl, wil hy ’n gesamentlike doel bevorder by die polisie om ’n veilige omgewing te skep vir alle Paarliete.

“Ons beskik nie altyd oor genoegsame bronne nie, maar ek glo as ons wel ons bronne en mannekrag effektief aanwend, kan ons hierdie doelwit bereik.

“Maar ons vra ook die samewerking van die publiek om ons by te staan met misdaadbekamping en om betrokke te raak by gemeenskapspolisiëring.

“Almal kan ook bydra deur meer paraat te wees en enige ongerymdhede by ons aan te meld. Buurmanskap moet ook oral heers en ons moet mekaar help.”

Grobbelaar het bygevoeg dat sy deur altyd vir die publiek sal oopstaan.

* Paarl police has a new station commander, experienced investigator Brig Leon Grobbelaar.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za