Inwoners blus brand
2011-02-17
DIE vinnige optrede van lede van die publiek het verlede week waarskynlik daartoe gelei dat ’n brand nie verdere skade aangerig het nie. Die voorval het Donderdagmiddag omstreeks 13:30 plaasgevind in Koedoestraat, Chicago, toe informele wonings aangrensend aan een van die woonstelblokke aan die brand geraak het. Van die opslaanwonings was teenaan die woonstelgebou. Die brandweer is dadelik in kennis gestel, maar die publiek het nie gehuiwer om self in te spring om die brand te probeer blus nie. Vyf opslaanwonings is in puin gelê, maar geen skade is aan die woonstelle aangerig nie.
More
News
|