Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Derduisende rande se nagemaakte goedere gegryp

Derduisende rande se nagemaakte goedere gegryp
 
2011-02-24


NAGEMAAKTE goedere ter waarde van duisende rande is Vrydag van die strate van Wellington afgehaal.

In ’n gesamentlike misdaadbekampingsoperasie bestaande uit lede van die polisie, wetstoepassers en doeane en aksyns, is toegeslaan op verskeie smouse, asook verskeie winkels wat berug is vir die verkoop van onwettige goedere.

Winkels soos die China Shop en Good Price, is Vrydagoggend afgebaken, terwyl amptenare noukeurig hierdie winkels se goedere nagegaan het, asook al die nodige permitte.

Op die ou einde is daar beslag gelê op nagemaakte klere, waaronder vervalste handelsmerke soos Levi’s, Nike en Puma was, ter waarde van byna ’n kwart miljoen rand.

Onwettige CD’s ter waarde van R120 000 is ook afgeneem, asook sigarette ter waarde van R1440.

Vier Chinese burgers en twee Somaliërs is in hegtenis geneem.

Sewe onwettige immigrante is deur amptenare van Binnelandse Sake weggeneem.

’n Woordvoerder van Wellington polisie, a/o Celeste Barkhuizen, het gesê dat sulke operasies teen onwettige handel in die vervolg maandeliks sal plaasvind om die strate van Wellington skoon te hou.

* In Mbekweni is daar beslag gelê op verskeie items soos selfone, kameras, klerasie en sigarette ter waarde van R10 000, in soortgelyke operasies.

Drie buitelanders is hiér in hegtenis geneem en boetes is aan hulle opgelê.

* Counterfeit clothes, CDs and cigarettes to the value of hundreds of thousands of rands have been seized in Wellington.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za