Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewilde sportman sterf

Gewilde sportman sterf
 
2011-02-24

Lise Beyers

’n GEWILDE jongman, veral in die sportkringe van die Paarl, het Maandagoggend tragies gesterf.

Die liggaam van Chester Kuiler (29) is dié oggend deur sy ouma, Johanna May, gevind by hul woning in Orleans- ­laan, waar hy van die dak gehang het met ’n hondeleiband om sy nek.

Kuiler het glo vir jare lank aan depressie gelei.

Hy was sedert sy skooldae by New Orleans Sekondêr Skool ’n belowende sportman wat uitgeblink het in beide krieket en hokkie.

Ná skool het hy voortgegaan om sy passie vir sport uit te leef en het hokkie gespeel vir Paarlklub. Hy was ’n uitmuntende veelsydige krieketspeler vir Drakenstein Edu Krieketklub.

Hy het nog Saterdag deelgeneem aan hul wedstryd teen Ceres.

Trevor Daly, wat by Drakenstein Edu betrokke is, het gesê dat Kuiler oudergewoonte die dag baie geniet het.

“Hy het soos altyd met toewyding gespeel en ná die wedstryd het hy met sy spanlede ’n bietjie uitgespan.

“Ons is almal ten gronde oor sy ontydige dood. Hy het geleef vir sport en was altyd uiters toegewyd en ook een van die fiksste mense wat ek geken het. Dit is ’n geweldige verlies vir die plaaslike sport-wêreld.”

Kuiler het ook sy merk gelaat by Klein Boishaai, waar hy hulpafrigter was vir hokkie en krieket.

“Chester was ’n staatmaker as hulp-afrigter en het baie goed met die kinders oor die weg gekom,” vertel skoolhoof Henk Arangies.

Hy word oorleef deur sy ouers, Christina en Leslie Kuiler, broer Grant, en sy vierjarige seuntjie, Chezlie.

Sy begrafnis vind Saterdag om 08:30 vanaf die huis by Orleanslaan 67 plaas en om 09:30 by die VGK-Hugenote.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za