Staatmaker sterf op pad
2005-10-13
’n WELLINGTONNER wat deur sy vriende beskryf is as ’n staatmaker, is die naweek in ’n motorongeluk oorlede.
Kobus Brits (27), oud-leerling van die Hugenote Hoërskool, was saam met vriende tussen Wellington en Moorreesburg onderweg toe sy motor Saterdagoggend om 03:00 die pad verlaat het.
Kobus is op slag dood toe die motor gerol het. Die ander insittendes het nie ernstige beserings opgedoen nie.
Hy het tans by Fanie Visser Vervoer op Moorreesburg gewerk, nadat hy eers by Van Schalkwyk Vervoer op Wellington was.
Die jong man is deur sy baie vriende beskryf as die een wat altyd geglimlag het, die mens met die mooiste geaardheid, wat oral gehelp het.
Hy word oorleef deur sy ouers, Kobus en Lynette Brits, en sy jonger broer, William, van die plaas Soetendal aan die Hermonpad.
Kobus word Saterdagoggend om 12:00 uit die Wellington-Noord NG Kerk ter ruste gelê.
More
News
|