Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dwelms gevind in Noorder-Paarl

Dwelms gevind in Noorder-Paarl
 
2011-03-17


PLAASLIKE polisiebeamptes het weer ’n slag geslaan, toe hulle beslag gelê het op ’n groot hoeveelheid van die dwelm Tik.

’n Spesiale ondersoekspan het verlede week inligting opgevolg oor die handel in dwelms in die Paarl. Dit het hulle gelei na Wilfred (Bobby) Hendriks, van Magnolia.

Die polisie het Hendriks tuis ondervra, maar het geen dwelms in sy besit gevind nie.

Hulle het wel bykomende inligting ontvang dat hy ’n woonstel huur by Bergsig in Noorder-Paarl.

Die polisie het hier ’n klopjag uitgevoer en op 100g Tik afgekom, sowel as R20 000 kontant.

Hendriks is in hegtenis geneem en bly steeds in aanhouding.

Volgens die polisie is daar ook ander klagtes van die besit van dwelms wat tans teen hom ondersoek word.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za