Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grafdiewe betrap

Grafdiewe betrap
 
2011-04-07

Lise Beyers

TWEE mans is verlede week op heterdaad betrap terwyl hulle grafte geplunder het.

Die Paarl polisie is deur ’n lid van die publiek in kennis gestel dat verdagte persone in die Toringkerk-begraafplaas langs die Bergrivier Boulevard opgelet is.

Met die aankoms van kst Willie Pretorius en student-kst Duawen van Neel, het hulle gesien dat die mans besig was om metaal-ornamente vanaf grafte te verwyder.

Toe die diewe die polisiebeamptes oplet, het hulle probeer vlug, maar hulle is binne die begraafplaas aangekeer. Op die toneel was daar ’n winkeltrollie wat vol metaal-ornamente was wat vanaf grafte gesteel is.

Hierdie metaal sou waarskynlik in kleiner, onherkenbare stukkies opgekap word voordat dit aan skroothandelaars verkoop sou word.

Vroeër vanjaar is grafkelders by dieselfde Toringkerk-begraafplaas oopgebreek en selfs die doodkiste is deursoek vir waardevolle goedere.

André von Willigh en Marquin Willemse is in verband met die jongste diefstal in hegtenis geneem.

* Two men have been apprehended by Paarl police while plundering a cemetery.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za