Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonse stories in nuwe boek vertel

Wellingtonse stories in nuwe boek vertel
 
2011-04-21

Christine Siebrits

VERLEDE Donderdag, op haar 71ste verjaardag, is Winnie Rust se tweede boek in die Breytenbach-sentrum bekend gestel.

Alhoewel sy laat eers begin skryf het, het skryf vir haar ’n leefwyse geword, sę hierdie bekende Wellingtonner.

Haar roman, “Martha, ’n Verhaal oor Martha Solomons Countess of Stamford” is in 2005 gepubliseer en was op die kortlys vir die Jan Rabie/Rapportprys.

Winnie woon op Wellington. Sy en haar man, Manie (’n mediese dokter), het drie dogters en ’n seun.

Haar vader CP van der Merwe het taalhandboeke vir Afrikaans geskryf.

Hy was die jonger broer van die skrywer Boerneef.

“Margie” is ’n bundel van ses vroue wie se verhale sy neerpen soos sy hulle werklikheid in haar verbeelding optower – verhale van liefde en geluk, maar ook van opoffering en eensaamheid in ‘n vreemde węreld waarin hulle hul bevind.

In die eerste verhaal, Margie, vertel sy met diepe deernis die verhaal van haar ma wat trou met ’n man so anders as sy.

Margie is grootgemaak in die Viktoriaanse styl, terwyl haar man CP “’n boerseun uit die Koue Bokkeveld was”.

Die tweede vrou in die bundel is Elizabeth Roland, ’n sendelingvrou wat voel dat haar huwelik ’n mislukking was, maar sy volhard in die pad wat sy gekies het. Die verhaal is gebaseer op haar wedervarings gebaseer op haar dagboekinskrywings.

Emma is die verhaal van Andrew Murray se vrou. Emma beskryf haar uitsonderlike verhouding met haar man.

Celestine Schoch en Abbie Ferguson het albei oseane oorgesteek agter ’n droom aan.

Die finale verhaal is dié van Louisa wie se verhaal vir Winnie aangegryp het uit die vertellinge van haar dogter Edith.

Louisa dra lewenslank die lesse van die Seminary met haar saam, ook deur die ontrouheid van haar man.

Met een uitsondering speel die verhale van die ses vroue af teen die agtergrond van Huis Cummings in Wellington.

Winnie vertel in haar onderhoud dat die verhale verweef is met liefde en geluk, maar ook met opoffering en eensaamheid.

Die besondere aand van die bekendstelling is ingeklee deur die passievolle voorlesings van grepe uit die verhale deur Eugenie Wiggins, en agtergrondmusiek deur die dwarsfluit speler Marelize Watts deurvleg met ’n insiggewende onderhoud met Winnie gelei deur Suzette Kotzé-Myburgh.

“Margie van die Seminary en ander verhale” word uitgegee deur Human & Rousseau en is beskikbaar by Write Shoppe en Book Traders (Breytenbach-sentrum) in Wellington (R165).




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za