Talle daag op vir oudisies
2011-05-05
Johan Nel
TIENTALLE kunstenaars het die afgelope week op Wellington toegesak om deel te neem aan oudisies vir die musiekblyspel The Sound of Music wat in Oktober vanjaar by die Bergkroon-teater buite Wellington opgevoer gaan word. Die oudisies is waargeneem deur die regisseur van die stuk, Niel Rademan, die musiekregisseur Johann Enslin, die dirigent Winand Grundling en die choreograaf Ignatius van Heerden. Met die opvoering van hierdie gewilde musiekblyspel beoog die produksiespan om vanjaar voort te bou op die ongekende sukses wat verlede jaar behaal is met die opvoering van Andrew Lloyd Webber se bekende Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat by Bergkroon. Die uitslag van die oudisies sal teen 16 Mei bekend wees en die produksie sal vanaf Augustus ingestudeer word.
More
News
|