Bouwerk by die Taalmonument vorder
2011-05-19
BOUWERK vorder goed aan die nuwe Interpretasiesentrum by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. ’n Sloot word tans gegrawe om die rioolwerke op die terrein te skuif en op te gradeer. Gevolglik sal besoekers die parkeerarea buite die toegangshek moet gebruik vir die volgende week. Bouwerk behoort teen einde Augustus voltooi te wees. Die nuwe sentrum sal ’n uitstalarea, kantore en ‘n lesinglokaal insluit. Die koste van die projek beloop R8,5 miljoen, wat opgradering van die Amfiteater insluit. Die totale vloerspasie van die gebou is 283 m² en dit beslaan drie vlakke omdat dit teen ’n skuinste gebou word. Daar word ’n spesiale platform aan die kant van die gebou opgerig vanwaar besoekers ’n praguitsig oor die Paarl sal geniet. Die monument en koffiewinkel se landlyne is tans buite werking weens die bouwerk. Die alternatiewe nommers is 021-872-3441/076-017-6026 (Taalmuseum) of 084-911-2848 (Volksmond Koffiewinkel).
More
News
|