Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kerk gee hand met huis

Kerk gee hand met huis
 
2011-05-19

Lise Beyers

AGT maande nadat ’n man sy huis en al sy besittings verloor het, is sy lewe weer opgebou.

Johannes Zimba se netjiese huis in Lanquedoc het in September 2010 afgebrand, nadat ’n houthuis agter in sy erf aan die brand geraak het.

Die twee mans wat in dié woning gebly het, Jan Nel en Pieter Williams, het in hul slaap doodgebrand.

Zimba en sy familie het daarin geslaag om die vlamme vry te spring toe die brand na hul huis versprei het, maar hulle kon niks red nie.

Sedertdien het Zimba en sy familie in ’n nederige opslaanhuisie in sy agterplaas gewoon, met bykans geen geriewe nie.

Maar toe kom ’n kerkgroep, New Generation World Changers, tot sy redding.

“Teen dié tyd was Zimba uiters neerslagtig weens die haglike omstandighede waarin hy moes verkeer,” sê Alison November van New Generation.

“Sedert hy alles in die brand verloor het, het hy geen hulp gekry om sy huis te herstel nie.

“Ons finansiële hulpbronne is min, maar ons het gevoel dat ons iets moet doen om hom en sy familie te help.”

Die kerkgroep het werk daarvan gemaak om boumateriaal in te samel en hierna het hulle self met die bouwerk begin.

“Verskeie kontrakteurs, soos elektrisiëns en loodgieters, het ons hier bygestaan deur hul tyd gratis aan ons af te staan.”

En so is ’n bykans splinternuwe woning vir Zimba opgerig.

’n Oorstelpte Zimba het gesê dat hy verheug is oor die herstel van sy huis, veral met die koue wintermaande wat nou voorlê.

* A resident of Lanquedoc whose house was destroyed by fire last year, has been rebuilt by a church group.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za