Miqlat wil hand gee
2005-03-24
DIE Miqlat-organisasie het ’n kantoor in Mbekweni geopen om die groot nood weens MIV/Vigs, armoede en werkloosheid in dié gemeenskap aan te spreek.
Burgemeester Herman Bailey het die kantoor geopen en sy steun vir die werk van Miqlat bevestig.
Die kantoor sal ook dien as kombuis waar kos gemaak word vir siekes en ander behoeftiges.
Mense word opgevolg en tuis besoek om werklike behoeftes te bepaal en daar word ook geestelik uitgereik na die mense. Miqlat tree ook op in krisisgevalle.
So kon gesinne wat onlangs ál hul aardse besittings verloor het toe vyftien hutte in Mbekweni afgebrand het, gehelp word met matrasse, beddegoed, klere en kos. Die bediening van Miqlat het in 1994 begin nadat Hester Veldsman aangegryp is deur die nood van die mense in Mbekweni.
Miqlat, Hebreeus vir ‘plek van toevlug/skuiling’, het verskeie projekte in die gemeenskap om kinders en gesinne wat in die realiteit van armoede, swak voeding, MIV/Vigs, wanhoop en geweld leef, te bemagtig en te ontwikkel.
Voltydse sendelinge word ondersteun deur vrywilligers uit die gemeenskap.
Mense wat betrokke wil raak, of meer inligting soek, kan Lalie Lombaard skakel by 872-2421.
* Miqlat has opened a support office for Mbekweni residents.
More
News
|