Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa verongeluk

Pa verongeluk
 
2005-10-20


VERSLAENTHEID heers in die woning van ’n Wellingtonse pa van vyf nadat hy Maandagmiddag op die Agter-Paarlpad verongeluk het.

Ivan Cornelissen (44) van Rudolfstraat 10, Vanwyksvlei, is uitgeroep om ’n onklaar voertuig te herstel en was om 14:30 op pad terug na sy werksplek, toe sy bakkie die pad verlaat het.

Cornelissen was ses jaar lank werksaam as outo-elektrisiën by Slabbert Burger Transport op Wellington.

Hannes Cooper kon soos sy kollegas nie glo dat die “hulpvaardige” man nie meer daar is nie.

“Hy was soos ’n ‘godfather’ vir die ander werknemers.”

Cornelissen het beheer verloor voordat die bakkie die pad verlaat het naby Boland Poultry op die R44, Windmeul.

Die bakkie het teen die padrand afgetuimel, ’n kragpaal getref, en tot stilstand gekom.

Die bestuurder is op slag dood, met ernstige kopbeserings.

Gister het die Cornelissen-gesin vertel van hul vader, ’n lid van die kerkraad van die Calvynse Protestantse kerk in Newton, die vriendelike man met die groot liefde vir die natuur.

Hy word oorleef deur sy vrou Rhoda (sekretaresse by Groenberg Primêr), en kinders Tania (22), Lindsay (19), Rowan (15), Ivano (11) en ’n grootmaaknefie, Malcolm Gertze (12).

Die tuisdiens is Sondag om 13:00 en die kerkdiens om 14:00 in Newton.

* A Wellington father of five died in a crash on the R44 in Windmeul.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za