Paarliet vier 100ste jaar
2011-06-15
'n Paarliet, Juffrou Margareth de Villiers, vier op 16 Junie haar 100ste verjaarsdag. Sy is die afgelope vier jaar inwoner van die Groenleegte sorgsentrum.
De Villiers is in die Paarl gebore en het aan La Rochelle gematrikuleer, waarna sy ’n onderwysdiploma behaal het aan die Paarlse Onderwyskollege. Later het sy in Engeland verder in musiek studeer.
Haar groot liefde was drama, kinders en sanglesse, maar veral spraakonderrig. In 1974 het sy afgetree as dosent van die Universiteit van Stellenbosch waar sy 12 jaar lank aan leerlingpredikante spraakonderrig gegee het.
Sy was een van drie kinders van die De Villiers-familie, eienaars van die Klein Constantia-plaas tot die 1950’s.
Haar wenk vir ’n lang lewe is om vars vrugte en groente uit die tuin te eet.
More
News
|