Gimmie sprankel as rugby-aanbieder
2011-06-15
Lise Beyers
’n OUD-GIMMIE het die geleentheid van ’n leeftyd losgeslaan deurdat sy aangewys is as die eerste vroulike rugbkommentator in Suid-Afrika, en moontlik die węreld. Elma Smit (25), wat in 2004 aan Hoërskool Gimnasium gematrikuleer het, was tussen 1500 hoopvolles wat deelgeneem het aan SuperSport se Lady Rugga-kompetisie. En verlede Saterdagaand was sy in ekstase toe sy tydens ’n lewendige uitsending as die heel eerste Lady Rugga aangewys is. Sy sal tydens die Rugby-Węreldbeker 2011 in Nieu-Seeland die SuperSport-aanbiederspan vergesel as aanbieder en onder andere onderhoude met spelers en toeskouers voer. Elma borrel oor oor hierdie geleentheid wat sy net gedink het ’n droom sou wees. Haar pad het eers baie akademies verloop voordat haar droom as uitsaaier bewaarheid geword het. Ná skool het sy B.A. Regte studeer op Stellenbosch, waarna sy ’n honneursgraad verwerf het in joernalistiek aan die Universiteit van Witwatersrand. Maar haar begeerte om uitsaaier te wees, het reeds van skooldae af begin, toe sy tydelik as uitsaaier opgetree het by die Paarl se Radio KC. Hierdie passie is voortgesit tydens haar studies toe sy op die Maties se kampusradiostasie MFM 92.6 haar lyf platejoggie gehou het. Hier is haar talente raakgesien deur die gewilde Afrikaanse DStv musiek-kanaal, MK. Sy is genooi om Studio1 se aanbieder te word en Elma het nie geaarsel om hierdie geleentheid aan te gryp nie. Gelukkig het hierdie geleentheid aangebreek naby die einde van haar regstudies en sy is Johannesburg toe waar sy by die MK-span aangesluit het, asook by Wits vir verdere studie. En kort voor lank word sy ook opgeraap deur 5fm-radio waar sy nou naweke vanaf 04:00 tot 07:00 ’n program aanbied. Nodeloos om te sę, toe die SuperSport Lady Rugga kompetisie aangekondig is, was sy byna eerste in die tou om deel te neem. “My rugbygeesdrif is reeds op Gim gekweek. Elke Saterdag het ons langs die veld gestaan in ons skoolklere om ons span te ondersteun. “Rugbykommentators bestaan meerendeels uit voormalige spelers en ek sou nooit gedink het dat hulle ’n vrou sou wou gehad het in hierdie ‘mans-węreld’ nie. “Dit is vir my regtig te goed om waar te wees.” Elma vertel dat dit wel baie intimiderend was om deur rugbystaatmakers soos Naas Botha en Darren Scott op televisie vasgevra te word tydens die kompetisie, maar sy is oortuig dat wanneer die Węreldbeker in 85 dae afskop, sy dan reeds ’n gesoute bydrae sal kan lewer. “Toe ek Saterdag as wenner aangekondig is, was dit ’n hoogtepunt om saam met Kobus Wiese te kon gesels oor ons skooldae op Gim.” Alhoewel Elma nou op die sweeftuig van roem beweeg, bly haar wortels steeds diep in die Paarl. Haar ouers, Fonnie en Elda, woon nog hier, asook ’n jonger suster, Monette, wat by ’n vrugte-uitvoermaatskappy werk. “Ek probeer steeds jaarliks in Augustus huis toe gaan van Johannesburg om interskole by te woon. Ek is in murg en been ’n Gimmie.” En wie ondersteun sy van die kamera af? Die Stormers natuurlik, met nog ’n Gimmie, Schalk Burger, as haar gunsteling rugbyspeler. * A former student of Paarl Gymnasium has become the first female rugby presenter in South Africa, Lady Rugga.
More
News
|