Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rommelstrooi met mening beveg

Rommelstrooi met mening beveg
 
2011-06-30


DIE pogings wat oor die afgelope paar maande in en om Wellington aangewend is om die omgewing rommelvry te hou, is verlede week as Lions se mees suksesvolle projek van die jaar aangewys.

Chris Booysen, die man wat namens Lions op Wellington aan die hoof staan van hierdie veldtog om ’n rommelvrye Wellington te skep, is boonop as Lions se Man van die Jaar aangewys.

Booysen, wat verlede week op ’n spesiale vergadering van Lions verslag gedoen het oor die vordering wat tans gemaak word, sê dat die hulp wat die plaaslike gevangenis-owerheid verleen in die poging om rommel in die dorp te verwyder, van onskatbare waarde is. Gevangenes wat tot gemeenskapsdiens gevonnis word, word ingespan om te help om rommel in die dorp op te ruim.

“Ons mag hulle nie finansieel vergoed vir die werk wat hulle doen nie, maar ons ontvang wel donasies van die publiek waarmee ons aan die gevangenes en ander vrywilliger-helpers maaltye en verversings kan voorsien wanneer hulle rommel bymekaarmaak.

“Ek wil ’n beroep op alle Wellingtonners doen om ons met donasies te ondersteun sodat ons ons kosvoorrade kan aanvul om ons helpers te beloon vir hul harde werk. Belangstellendes kan my kontak by 083 4555 433 of by booysenfamilie@mweb.co.za.”

Hy het gesê dat sakeondernemings op die dorp toenemend aan die projek begin deelneem. Verskeie groot kettingwinkels het mense aangestel wat voltyds besig is om die parkeerareas en die persele om die winkels op ’n gereelde grondslag skoon en netjies te hou.

Die verskillende afdelings van die plaaslike munisipaliteit begin ook om toenemend aan die aksie teen rommelstrooi deel te neem.

Die munisipaliteit voorsien tans die swart sakke wat Lions se spanne benodig wanneer rommel opgetel word en verwyder ook alle sakke wat volgemaak word. Die feit dat ’n verteenwoordiger van ’n maatskappy wat rommelverwydering bestuur ook die vergadering bygewoon het, is volgens Booysen ’n aanduiding van die groeiende belangstelling in die werk wat op Wellington verrig word.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za