Bekende oorlede
2011-06-30
Bekene oorlede
’n BEKENDE in plaaslike welsynskringe, Hester Veldsman (61), is onlangs oorlede ná ’n operasie vir hartprobleme. Veldsman is bestempel as die Paarl se Moeder Theresa. Sy was die stigter van die Miqlat welsynsorganisasie en die Bowy-kinderhuis in die Paarl, wat as ’n “geloofsdaad” beskryf word. By Bowy-huis is al sowat 100 kinders wat geraak is deur Vigs, versorg. Sy het mense in nood met deernis bygestaan sonder om hulle te oordeel en het daarin geslaag om heelwat befondsing te verkry van Amerikaanse kerke vir welsynswerk in die Paarl. Veldsman is beskryf as ’n doener wat hand gegee het waar daar ook al nood was. Sedert haar aftrede einde verlede jaar om gesondheidsredes, is Miqlat se aktiwiteite saamgesnoer met dié van Monte Christo. Veldsman se begrafnis was op 24 Junie uit die NG Kerk Suider-Paarl. “Die groot opkoms toon hoeveel lewens sy aangeraak het,” sê ’n raadslid van Miqlat. Sy word oorleef deur twee seuns, Francois en Hannes (albei van Durban) en ’n kleindogter.
More
News
|