Raadop met die swaar reën!
2011-06-30
Devidean Moses
MET die swaar reën wat die afgelope weke geval het, was die Mphulanyana-egpaar se viervertrekhuis te K71 Mphepostraat in Mbekweni weer eens omskep in ’n dam. Mfirifiri (64) en Thenjiwe (63) albei pensionarisse, soebat om hulp van die Drakenstein Munisipaliteit om hul probleem op te los. Volgens Thenjiwe is hierdie ’n probleem wat reeds meer as vier jaar gelede by hul woning ontstaan het. “In die verlede het ons die Drakenstein Munisipaliteit se verteenwoordiger na ons huis laat kom, maar die verteenwoordiger het gesê dat dit nie hulle probleem is om dit op te los nie, omdat ons die huiseienaars is,” sê sy. “Ons het selfs die brandweer en wyksraadslid genader om na hierdie probleem te kom kyk.” “Toe ons 40 jaar gelede na Mbekweni moes trek, was dit net struktuur en mure wat opgerig was en geen ordentlike fondamente is gelê nie.” “Die huis is later op ons naam oorgedra, maar ons kan dit ook nie nou bekostig om die probleem self reg te maak nie,” sê Mfirifiri. Volgens die egpaar stroom die water van onder die vloer tot in hulle huis wat die vloertëels reeds laat oplig het. Die Mphulanyanas kry dus maar elkeen ’n beurt om die water op te skep en die emmers uit te gooi om die water te verwyder. “Elke keer word ons meubels en huisware so verniel en elke keer moet ons dit vervang. Dis vreeslik koud in die huis,” sê Mfirifiri. * A Mbekweni family has been struggling with flooding of their home for many years.
More
News
|