Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Forum word gestig om skrootdiefstal te takel

Forum word gestig om skrootdiefstal te takel
 
2011-06-30


SAKELUI, besigheidseienaars, boere en sommer net die besorgde man op straat, word genooi om by ’n forum aan te sluit om die kommerwekkende plaag van skrootdiefstal aan te pak.

’n Wellingtonse sakeman, Martin van Heerden, het besluit om hierdie probleem, wat die plaaslike sakebedryf derduisende rande per maand uit die sak jaag, aan te spreek.

Daar is onlangs berig oor Van Heerden se besigheid, Wellington Spares, wat stelselmatig weggedra word deur skrootdiewe.

“Hierdie berig het ’n groot impak gehad op lesers, aangesien baie mense wat ek nie eens ken nie, my gekontak het en my meegedeel het van soortgelyke ervarings en genoem het dat hulle my ten volle ondersteun in die saak,” sê Van Heerden.

“Ek het dus besluit om ’n forum te stig om skrootdiefstal aan te spreek. Ek is besig met logistieke reëlings hiervoor en vra dat diegene wat wil help, my so spoedig moontlik kontak.”

Alle belangstellendes, boereverenigings, buurtwagte, besigheidsforums/verenigings en individue wat belang sou stel om die stigtingsvergadering by te woon, word gevra om Van Heerden te kontak by martin@vanvehicles.co.za. of 021 864 3204.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za