Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wonderwerke gebeur nog steeds

Wonderwerke gebeur nog steeds
 
2011-07-14

Devidean Moses

’n JONG Paarliet wat in 1997 op sesjarige ouderdom ’n lewensreddende nier- en leweroorplanting in die Rooikruis Hospitaal ondergaan het, vier môre sy 21ste verjaarsdag.

Wilmot Africa was een van drie kinders in die land wat met Oksalose gediagnoseer was. Dit word veroorsaak deur ’n ensiemtekort in die lewer wat die niere affekteer. Die organe word dan deur verkalking afgetakel totdat ’n nier- en leweroorplanting onvermydelik is.

Sy ouer broer Quinton het op die ouderdom van 11 maande gesterf en ’n ander kind wat daaraan gely het, het ook nie oorleef nie.

Sowat R370 000 was op daardie sta- dium benodig om die mediese kostes vir die operasie te dek.

Danksy die groot harte van die gemeenskap en organisasies soos kerke en skole is geld plaaslik ingesamel vir die operasie om klein Wilmot te probeer help.

Op 3 Januarie 1997 was hy slegs die vyfde pasiënt in Afrika wat ’n dubbele orgaanoorplanting ondergaan het en die vierde een wat ’n lewer en nier ontvang het.

Die operasie het 10 ure lank geduur en was suksesvol, soos die blakend gesonde Wilmot toon.

Wilmot het sy primêre opvoeding by Mary Help of Christians voltooi en in 2008 gematrikuleer aan New Orleans Sekondêr.

Hy het daarna in Inligtingstegnologie (IT) en bemarking gestudeer by Northlink Kollege, waarna hy aansoek gedoen het vir ’n internskap by Drakenstein Munisipaliteit in media en kommunikasie, waar hy tans werk as studentmediabeampte.

Joshua van Wyngaard, neef van Wilmot, het verlede jaar, 15 Julie op 18-jarige ouderdom ook aan nierversaking gesterf.

“Vir my was dit vandag maar net soos ’n droom as ek dink aan die dae toe Wilmot so siek was,” sê sy blye moeder Suzette.

“Ons het nooit moed verloor nie, en ons is dankbaar dat God sy lewe gespaar het,” voeg sy pa Anthony (self ’n munisipale amptenaar), by.

Wilmot gebruik nog steeds sy medikasie pligsgetrou en het geen gesondheidsprobleme nie. Sy jonger suster Caron-Lee het nie die siekte opgedoen nie.

Dit is dus met groot blydskap en dankbaarheid dat Wilmot se familie en vriende sy 21ste verjaarsdag aan die einde van die maand sal vier.

* A local young man, who received a critical liver and kidney transplant as a six year old child, celebrates his 21st birthday this week.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za