'Old boys' pak mekaar
2011-07-21
MET die jaarlikse interskole net om die draai, maak Boishaai en Gimnasium se ‘old boys’gereed om mekaar te pak. Dinsdagaand 26 Julie om 19:00 word daar meegeding in aksie-krieket, -sokker, netbal en -hokkie by die Paarl Aksiesportarena. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Op Woensdag 3 Augustus om 19:00 speel die Golden Oldies en om 20:00 speel die Old Boys hul rugbywedstryde teen mekaar by die Brugstraat-sportvelde. Daar sal ook ’n biertuin en musiek wees. Vir navrae skakel Conradie Burger by 082 552 3975.
More
News
|