ANDREW Apollis is deur verskeie klubs in die WP- rugbyunie aangewys om vir ’n verdere termyn te dien op die dissiplinêre komitee van die WP- rugbyunie. Apollis is ’n kundige in administrasie en was vir 32 jaar in diens van die polisie waar hy onder meer dissiplinêre verhore moes lei.