Sprankelende Paarliet sterf skielik
2011-07-28
’n BEKENDE Paarlse vrou is Donderdagaand in haar slaap oorlede. Julie van der Merwe, van die plaas Klein De Hoop naby Windmeul, het twee weke voor haar sestigste verjaarsdag gesterf, vermoedelik aan ’n hartaanval. Haar seun, Francois, het gesê dat sy onlangs gekla het van ‘hartkloppings’. Sy het Donderdag ’n internis besoek wat geen fout met haar kon vind nie. Julie se man, Johan, die bekende Paarlse oor-keel-en-neus-spesialis, het twee jaar gelede ook in sy slaap aan ’n hartaanval gesterf. Die egpaar het ’n groot rol gespeel om De Poort Erfenissentrum in Suider-Paarl op die been te bring. Perde was ook hul groot liefde. Julie het saam met familielede die bekende Red Star-padstal in Agter-Paarl bedryf. Sy word oorleef deur haar kinders, Francois (34), Daniëlle (31) en Charl (29). Die begrafnis vind vandag om 16:00 plaas vanuit die NGK Slot van die Paarl.
More
News
|