Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot kunsuitstalling open

Groot kunsuitstalling open
 
2011-08-11

Johan Nel

’n PRAG-UITSTALLING van keramiekwerk en skilderye open Saterdag in die Grevilleas-kunsgalery van die Breytenbach-sentrum op Wellington.

Die uitstalling word gesamentlik deur die Drakenstein Kunsvereniging en die Breytenbach-sentrum aangebied.

Volgens Annalise Schoeman, projekbestuurder van die Breytenbach-sentrum, is die sentrum reeds ’n geruime tyd saam met die Drakenstein kunsvereniging betrokke by projekte om keramiekklasse aan werklose huisvrouens aan te bied en om gevangenes by die gevangenis op Malmesbury se vaardighede om te skilder te slyp.

Hierdie twee groepe het al die keramiekstukke en die skilderye wat uitgestal gaan word, geskep. Al die produkte wat uitgestal word, sal te koop wees. Meer besonderhede oor die uitstalling en oor die sentrum en die kunsvereniging se gemeenskapsprojekte kan verkry word by 021 873 2786.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za