Ouma haal amper eeu
2011-08-18
Devidean Moses
EVA Tauté het onlangs haar 96ste verjaarsdag saam met familie en vriende gevier.Hierdie dankbare ouma het op 65 jaar afgetree as onderwyseres by William Lloyd Primęr waar sy 35 jaar lank skoolgehou het. Sy beveel aan dat ’n mens jou ouers moet eer, oefening doen, gesond eet en elke dag vriendelik moet wees as jy lank wil lewe. By haar is Sarie Demas (84), haar versorger en haar kleinseun Russel Tauté.
More
News
|