Biografiese register vir museum
2011-08-25
DIE Wellington Museum werk tans aan ’n projek om ’n biografiese register op te stel van alle Wellingtonners wat op die een of ander wyse ’n bydrae tot die gemeenskap gelewer het. Om meer volume aan hierdie register te gee, word ’n versoek aan die breë gemeeenskap gerig om aktief by hierdie projek betrokke te raak. Persone waaroor tans meer inligting gesoek word deur een van die navorsingsgroepe, is dr Mary-Anne Plaatjies, ds Margaret Keyser, prof Pieter Witbooi, ds Johannes Adonis en dr Clarence Carter, Alden April, Franklin Lewis, Attie van der Bergh, “Nurse” April en Franklin Brink senior. Oud-skoolhoofde is mnre Morris Friedling, Japie Adams (vader van mnre Japie en Thys Adams) en R Naidoo (vader van mnre Vincent en Raymond Naidoo) Sportlui sluit in Pollie Adams, John Abrahams, Jack Abrahams, Henry Paulse en Dawn Arendse. Mense wat kan help met inligting en foto’s word versoek om kontak te maak met Olivia le Cordeur by die Wellington Museum, tel 021 873 4710 of welmus@telkomsa.net.
More
News
|