Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moths sterk op die been

Moths sterk op die been
 
2011-08-25


DIE Moths-organisasie vir oudsoldate op Wellington se ledetal is besig om met rasse skrede toe te neem.

Die afgelope naweek is drie nuwe lede ingelyf en oor die afgelope drie maande het die ledetal met bykans 50% gegroei.

Volgens Siebert de Bruyn, voorsitter van Shellhole Komeshu op Wellington, kan die sterk groei in die plaaslike organisasie gedeeltelik daaraan toegeskryf word dat hulle vir die eerste keer in ’n lang tydperk weer oor ’n goed toegeruste bymekaarkomplek op Wellington beskik, waar lede gereeld elke tweede Sondag van die maand vergader.

Die organisasie is ook hard besig om fondse in te samel om die geskiedkundige blokhuis buite die dorp volledig te restoureer.

’n Baie suksesvolle gholfdag wat onlangs gehou is, het die fondse reeds ’n stywe hupstoot gegee en planne om ’n groot boeresportdag op ’n plaas buitekant Wellington aan te bied op 10 September aan te bied om verdere fondse in te samel, het reeds ver gevorder.

Lede van Moths het, volgens De Bruyn, reeds begin om die terrein om die blokhuis op te ruim en vrywilligers sal binnekort begin om die dakkappe van die gebou wat in ’n brand beskadig is, te vervang.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za