Klapmuts kry eerste biblioteek
2011-08-25
OP 18 Augustus het Klapmuts Primêr behoorlik geskiedenis gemaak met die opening van hul spoggerige, nuwe biblioteek. Die openingseremonie is waargeneem deur die Wes-Kaapse Minister van Kultuur en Sport, dr Ivan Meyer, en Conrad Sidego, die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch. Die Wes-Kaap Departement van Onderwys het R22 miljoen voorsien met ’n verdere R5 miljoen van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust vir die nuw skoolgebou. Volgens skoolhoof Ronald Frans het 1300 laerskoolleerders en 500 hoërskoolleerders op Klapmuts geen biblioteek gehad om hul take en navorsing te doen nie. Dit gaan ook dien as openbare biblioteek vir die algemene publiek in die middae ná skool, met hulp van munisipale personeel.
More
News
|