Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwyser sterf ná ongeluk

Onderwyser sterf ná ongeluk
 
2005-11-03


’n ONDERWYSER van Wellington en nog ’n passasier is onlangs in ’n gru-ongeluk naby Citrusdal dood.

Phillip Lottering en twee passasiers was van Calvinia na Wellington onderweg, toe die ongeluk naby Citrusdal plaasgevind het.

Lottering het vermoedelik beheer verloor oor sy voertuig en van die
pad af gery.

’n Leerder, Charmaine van Wyk, is op slag dood en nog ’n insittende, Greg April, het ligte beserings opgedoen.

Lottering is met ernstige beserings na die Tygerberg Hospitaal geneem, waar hy bykans ’n week later gesterf het.

Lottering het die afgelope 11 jaar in Calvinia skool gehou, maar het gereeld sy gesin in Wellington besoek. Hy word oorleef deur sy vrou Chantell en drie kinders.

Lottering word Saterdag om 13:00 ter ruste gelê vanuit die VGK Bergrivier, met die huisdiens om 12:00 by Malvastraat 2.

* A well known teacher from Wellington died tragically after a car accident between Clanwilliam and Citrusdal.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za