Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot eer vir groot André

Groot eer vir groot André
 
2005-11-03


HY sal nou ’n spesiale parkeerplek ontvang, hy is geregtig op agendas selfs na sy aftrede, hy bly op die gastelys en ontvang ’n spesiale lapelwapen om sy status aan te dui.

Dit is ’n paar van die voorregte wat André van der Spuy de Villiers nou sal te beurt val, nadat hy verlede week raadsheerskap van Drakenstein ontvang het.

’n Raadslid het ’n minimum van 20 punte nodig om dié eer te beurt te val.

Volgens die kriteria waarop dié punte toegeken word, het De Villiers 38 punte gehad.

Hy dien reeds sedert 1988 op die raad (17 punte) en was deurentyd ook voorsitter van ’n staande komitee (17). Verder was hy ook sedert 2001 lid van die uitvoerende bestuur (4 punte).

Burgemeester Herman Bailey, self ’n raadsheer, het in ’n kort huldeblyk gesê daar is drie punte van raadsheer De Villiers waarvoor hy altyd respek sal hê.

Die eerste is sy kennis van finansies: “Ek dink ons almal voel gerus dat daar iemand is wat ons finansies verstaan en bestuur.”

“Dan is daar die feit dat raadsheer De Villiers nog altyd gestaan het vir transformasie en nie geskroom het om dit openbaar te maak nie.”

Die burgemeester het hier die afskryf van skuld, wat ’n inisiatief van De Villiers was, as voorbeeld genoem.

“Hiermee het by begrip getoon vir die posisie van arm mense en uit die reaksie wat ons tot nou toe gehad het, is dit duidelik dat sy vergesig die gewenste resultate het.

“Dan is daar ook sy vermoë om ’n kalm woord te sê in warm debatte.
Hy het dikwels daarin geslaag om kalmte te bring in stormagtige vergaderings.”

Die burgemeester is ondersteun deur sy ANC-kollega, raadslid Charlotte Stemela. Sy het van 1995 af saam met hom in die raad gedien en het De Villiers beskryf as iemand wat die behoeftes van die gemeenskap ken.

“Hy is die een wat altyd sê ‘Ons is hier vir die mense’.”

’n Duidelik bewoë De Villiers het die Raad bedank vir die eer en gesê hy het nog altyd daarna gestrewe dat mense regverdig en eerlik behandel word.

Sowel die DA as die FD het hom geluk gewens met sy toekenning.

* Town councillor André de Villiers has become an alderman.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za