Aanranders vasgevat
2005-11-10
DRIE tieners wat ’n jong seun seksueel aangerand het, is deur lede van die Paarl-Oos gemeenskap aan die polisie oorhandig.
Die tienjarige seun was die Maandagmiddag ná skool om 14:30 onderweg huis toe in Simfonielaan, Groenheuwel, toe die drie verdagtes hom gegryp het.
Hy het tevergeefs probeer ontvlug. Die seun is erg getraumatiseer en moes mediese behandeling ontvang.
Die gemeenskap het op die skoknuus reageer deur onmiddellik die verdagtes op te spoor.
Twee seuns (17 en 18) en ’n 17-jarige meisie is by die Paarl-Oos polisiestasie van onsedelike aanranding verkla.
“Baie dank is aan die publiek verskuldig,” het stasiekommissaris supt Gerda van Niekerk, gesê.
“Dit gee my hoendervleis om te weet dat die gemeenskap van Paarl-Oos nie langer hul oë sluit of anderpad kyk as misdaade teen ons kinders gepleeg word nie.
“Saam maak ons ’n verskil.”
* Members of the community have apprehended three teenagers for molesting a 10-year-old boy.
More
News
|