Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man met knuppel doodgeslaan

Man met knuppel doodgeslaan
 
2005-11-10


n JONG man van Simondium is voorverlede naweek dood op die plaas Plaisir de Merle, nadat hy glo deur ’n sekuriteitswag aangerand is.

Andrew Flink (22) en twee van sy vriende was omstreeks drie-uur die oggend van die plaas Vrede en Lust na Plaisir de Merle onderweg, waar Andrew by sy ma, Gertruida Abramch, gewoon het.

Die sekuriteitswag, Jacob Nyongo, het die twee vriende van die plaas af probeer begelei toe Andrew blykbaar ingegryp het.

Hy is na bewering geskop en met ’n knuppel aangerand.

Sy ma het later die oggend op haar seun se lyk afgekom waar hy nog in die wingerd gelê het.

Nyongo, sekuriteitswag by Millennium Security, is in hegtenis geneem en het op aanklag van moord in die hof verskyn. Hy is op R500 borgtog vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 9 November vir verdere ondersoek.

Flink was ’n algemene werker by die Bergrivier Damprojek. Hy laat twee dogters en ’n seun agter.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za