Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


107 jaar van diens

107 jaar van diens
 
2005-11-10


DRIE leerkragte wat altesame 107 jaar ervaring van die onderwys het, tree vanjaar uit by Hillcrest Primêr op Wellington. Hulle is Anne Adams (34 jaar diens), Angeline Ephraim (34 jaar diens) en William Newman (39 jaar diens).

“Dit is ’n groot verlies aan ervaring vir die skool en die onderwys in die breë,” sê prinsipaal Japie Adams.

Anne (eggenote van die skoolhoof), is ma van ’n 22-jarige dogter Lynsey, wat tans B.Sc. doen aan die Universiteit van Stellenbosch.

Anne (oorspronklik van Port Elizabeth) het in Januarie 1972 te Kruisfontein UCC Laerskool in Humansdorp begin skoolhou en was ook by Pauw Gedenk van 1975 tot 1987 voordat sy na Hillcrest is.

Angeline (60) het in 1971 begin skool hou by Voor-Groenberg Primêr en was daarna ook by Soetendal Primêr tot 1990 voordat sy die afgelope 15 jaar by Hillcrest was. Alvier haar kinders is ook in die onderwys.

Newman het by ’n bakkery gewerk voordat hy gekwalifiseer het as onderwyser. Hy het by verskeie skole skoolgehou, waaronder in Uitenhage en Kleinzee, voordat hy in 1992 by Hillcrest begin het.

Aldrie hierdie onderwysmense is dit eens dat jy ’n fyn balans moet handhaaf tussen werk en familie.

William sê die balans het in die laaste paar jaar vir hom gefaal met die nuwe uitkomsgebaseerde onderwys, wat heeltemal te veel van sy tyd in beslag geneem het.

Volgens hulle moet jy Job se geduld hê, ’n passie vir die beroep, ’n liefde vir kinders, en veral ’n sin vir humor.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za