Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drieling vier 70

Drieling vier 70
 
2005-11-10


’n PAARLSE drieling het onlangs hul 70ste verjaarsdag saam met familie en vriende gevier met ’n gesellige middagete by Labori Wynlandgoed.

Die drieling is op 3 November 1935 in Kaapstad ’n maand vroeg gebore as Joan, Charlotte en Rae van Zyl. Met hul geboorte was hulle so klein dat hulle vir ’n geruime tyd in ’n broeikas vertoef het.

Hulle was die jongste van elf kinders waarvan ses nog leef.

Hulle was al drie kranige sportvroue wat in hokkie, atletiek en swem uitgeblink het.

Na hul skooljare in Bellville en Paarl het hulle as klerke by handelsbanke begin werk. Al drie is nou afgetree en woon tans in die Paarl.

Joan Heyns het vier kinders. Rae Botha en Charlotte Lohbauer het elkeen een kind. Tesame het hulle nege kleinkinders.

Die susters verkeer almal in goeie gesondheid en is steeds selfversorgend. Hulle het ’n besonderse hegte verhouding en kuier weekliks oor en weer.

Hulle is baie betrokke by hul kinders en kleinkinders. Wanneer daar oor hul kleinkinders gesels word, kom jy agter dat hulle oumas is wat maklik bederf.

* Paarl triplets celebrated their 70th birthday last week.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za