Leraar sterf
2005-11-17
DIE skielike heengaan van eerwaarde Frank Kulsen (74), afgetrede leraar van die Congregational Kerk, weens hartversaking het as ’n groot skok gekom vir sy familie en gemeentelede.
Hy het hy by sy seun, Malvin (skoolhoof by Groendal Sekondêr op Franschhoek) te Skuinsstraat 1 in Huguenot, gewoon.
Frank Kulsen het as onderwyser gekwalifiseer aan die Athlone Instituut maar later besluit om teologie te studeer. In 1965 behaal hy ’n Diploma in Teologie aan die Rhodes Universiteit en word sodoende die eerste lidmaat van Bethel Kerk wat predikant word.
Vir die grootste gedeelte van sy lewensjare het hy buite die Paarl diens gedoen in Pretoria en Willmore (vir 37 jaar). In 1996 het hy terug Paarl toe gekom en was tot sy laaste dae betrokke by die Pniel gemeente.
Sê Malvin, "Ek sal my pa onthou as werkende predikant, altyd maar bedrywig in die gemeenskap”.
Frank word oorleef deur sy broers Joey, Eddie, Ronnie en Ikey en susters Elizabeth Samaai en Mirtle, seuns Lawrence en Malvin, en drie kleinkinders. Sy vrou Elizabeth het hom in 1998 ontval.
Die begrafnisdiens is Saterdagoggend 10:00 by die huis in Skuinsstraat en 11:00 vanuit die Bethel Congregational Kerk in Evansstraat.
More
News
|