Jong man beswyk
2005-11-24
’n JONG man van Paarl-Oos het Saterdagaand tevergeefs van aanvallers probeer ontsnap.
Hilton Adams (24) van Houtkapperstraat 24, Amstelhof, het met ’n meswond in die nek gesterf.
Die oorledene het om 23:20 met sy vriendin op ’n oop veld gestaan toe vier jong mans hulle genader het.
’n Argument het ontstaan en Hilton het probeer ontvlug. Hy is ingehardloop en met een hou in die nek vermoor.
Antonio Davids (18) van Amstelhoflaan en twee 17-jariges van die omgewing is in hegtenis geneem.
Sheldon Claasen van Amstelhof kan moontlik die polisie help met die ondersoek. Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, word versoek om insp Roger Dyason (807-111) te skakel.
More
News
|