Beursstudente reis ver
2005-11-24
’n JONG Paarliet wat besig is met sy meestersgraadstudie in Engels aan die Universiteit van Wes-Kaapland vertrek môre na Engeland op ’n opvoedkundige toer van drie weke.
Riaan Oppelt (24) is deel van ’n groep van vyftien ander studente vanoor die hele land.
Die toer word moontlik gemaak deur die Abe Bailey Trust, wat in die lewe geroep is deur wyle Sir Abe Bailey.
Dié reisbeurs stel studente verbonde aan universiteite, asook dosente op junior vlak, in staat om opvoedkundige toere in die Verenigde Koninkryk te onderneem.
Die doelwit van hierdie beurs is om die siening van uitstaande jong Suid-Afrikaanse studente met besondere leierskapseienskappe te verbreed, en om onder meer beter begrip en samewerking onder diegene met verskillende tale en kulture teweeg te bring.
Oppelt was ook vroeër in die jaar een van agt studente van verskillende universiteite wat die eerste Mandela-Rhodes beurse ontvang het.
More
News
|