Uiteindelik: sukses
2005-11-24
OP die ouderdom van 65 het ’n inwoner van Mbekweni na jare se deursettingsvermoë, en ’n paar duisend rand uit sy sak, sy bestuurderslisensie geslaag.
Mhlongise Zwide, ’n voormalige werknemer van die Drakenstein Munisipaliteit, se droom was nog altyd om sy lisensie te kry, maar daar was nooit genoeg geld of tyd nie.
Sy geleentheid het egter aangebreek toe hy met die Smitte bevriend geraak het wat ’n bestuurskool besit.
Hierna het hy enige los geldjie bymekaar geskraap om vir die lesse te betaal.
In die begin het dit ’n bietjie gesukkel, veral met die teoretiese gedeelte van die opleiding. Maar hy het deurgedruk en geleidelik bevoegd genoeg agter die stuur geraak om sy toets te gaan aflê.
Uiteindelik het Zwide sy lisensie gekry nadat hy altesame R3500 op lesse spandeer het. Dit is ’n reuse-mylpaal vir hom, het Zwide gesê. Zwide, wat nou afgetree is, wil na sy plaas in die Oos-Kaap verhuis.
Hy wil vir hom ’n bakkie koop en dit gebruik om vanaf sy plaas na die dorp te ry.
In die verlede het hy gestap, maar die ouderdom het hom ingehaal en hy sal tot by die dorp met die bakkie ry, waarna hy verder sal stap.
“Ek is nie baie lief vir verkeer nie,” verduidelik hy.
* A 65-year-old man has finally got his driver’s licence after spending R3500 on lessons.
More
News
|