Stukkie geskiedenis
2005-12-01
DIE Hoër Jongenskool Paarl kon verlede week nog ’n toevoeging tot sy skatkis van rugby-herinneringe maak.
Alec de Villiers, seun van Pierre de Villiers (die heel eerste Springbok-rugbyspeler wat HJS opgelewer het), het verlede Donderdag dié skenking aan die skool gemaak.
Die 80-jarige nasaat van dié Springbok-slot het in April en Mei vanjaar Murrayfield in Skotland besoek. Daar is hy op ’n toer geneem en kon hy die bal hanteer waarmee die heel eerste Springbok-rugbytoerspan, onder leiding van Paul Roos, in 1906 teen die Skotte gespeel het.
Die wedstryd het op Hampden Park plaasgevind (Murrayfield was op daardie stadium nog nie gebou nie) en is 6-0 deur Skotland gewen. Alec is saam met dié geskiedkundige bal afgeneem en het die foto’s aan HJS se geskenk.
More
News
|