Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliet vlieg ompaaie

Paarliet vlieg ompaaie
 
2005-12-01

Lise Beyers

DIE bekende oud-atleet en potjiekoskoning van die Paarl, Andries Krogmann, is een van die duisende mense wat die afgelope naweek erg ontwrig is weens skade aan die aanloopbaan by Kaapstad Lughawe.

Krogmann was Sondagoggend vanaf Johannesburg na Kaapstad onderweg, na 'n funksie waarvoor hy die spyseniering behartig het. Hy sê hy was baie gretig om by die huis te kom na ’n lang dag wat agter hom gelê het.

“Eers was die vlug vertraag, maar toe ek my oë weer uitvee is ons op pad om te land by Kaapstad Internasionaal.

“Net toe ons wil land toe styg die vliegtuig weer en ons sirkel eers ’n paar keer. Daarna is ons in kennis gestel dat ons by George moet gaan land weens probleme op die aanloopbaan,” het ’n verleë Krogmann gesê.

“Op George het die nagmerrie begin. Tien vliegtuie was daar gestrand en dit was behoorlik ’n miernes in die lughawegebou.

“Die geriewe by die lughawe is hoegenaamd nie gemaak om soveel mense te huisves nie, en toue het bankvas gestaan voor die kafeteria en kleedkamers.”

Krogman vertel dat die hartseerste vir hom die verwardheid van ’n bejaarde man was wat op dieselfde vlug as hy was. Dit was die eerste keer dat die man vlieg en hy was al in Johannesburg baie senuweeagtig oor die vlug.

“Ek het later vir die oom sien sit in ’n rolstoel op George-lughawe met ’n verdwaasde uitdrukking op sy gesig,” het Krogman gesê.

Oorspronklik sou Krogman reeds 11:00 in die Kaap aangekom het, maar uiteindelik het hy eers 19:30 by die huis gekom.

Die skade aan die aanloopbaan is vermoedelik veroorsaak deur ’n oorlaaide Russiese vliegtuig wat geland het en ’n area van sowat 6 by 5 meter van die aanloopbaan beskadig het.

Om veiligheidsredes kon geen vliegtuig land of vertrek totdat die skade herstel is nie.

* A well-known Paarlite was one of many locals hit by airline problems due to a damaged runway at Cape Town International.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za