Bekende Wellingtonner sterf
2005-12-08
DIE gedenkdiens vir een van Wellington se bekende figure, Hennie Roux, word vandag in die NG Moederkerk gehou.
Roux (62), ’n legende in motorverkoopskringe, het Vrydag aan kanker gesterf.
Hy het in 1965 van Ashton na Wellington gekom om as verkoopsman by die destydse Lategans Garage te werk.
In 1972 het hy sy eie onderneming, Hennie Roux Motors, geopen. Gesinslede en vriende onthou hom as die omgee-mens wat “soveel goed gedoen het vir sy medemens en die armes” van die dorp.
“Hy het ook altyd die heel beste vir sy kliënte gedoen,” onthou Trevor Roux die pa in wie se spore hy stap. “Dit was die sukses van sy loopbaan.”
Hennie word oorleef deur sy metgesel Betsie, sy seun Trevor en dogters Jackie Lombaard van Kaapstad, Lyndsay en Wendy van die Paarl, en twee kleinkinders.
Die gedenkdiens is vandag om 15:00 in die Moederkerk.
More
News
|