Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tant Alie vier 100ste

Tant Alie vier 100ste
 
2005-12-14


AL wou die ore nie altyd so goed hoor wat seun Johannes vertel tydens sy huldeblyk aan haar op haar 100ste verjaarsdagpartytjie nie, gaan dit op na 'n eeu nog baie goed met tant Alie van Rooyen.

“Sy is ‘n lewendige monument dat mens 100 kan haal, en hoe dit gedoen kan word,” het hy vertel.

Tant Alie, wat op 30 November 1905 as Alida Magdalena Avenant in die distrik Vanwyksvlei gebore is, is reeds die afgelope 15 jaar ‘n inwoner van Silwerkruin tehuis vir bejaardes op Wellington.

Sy is die naasjongste van die ses kinders wat uit die huwelik van Willem en Johanna Avenant gebore is, en die enigste een wat so ‘n hoë ouderdom bereik het.

Tant Alie is op 19 Desember 1932 getroud met Boet van Rooyen, 'n onderwyser wat die grootste gedeelte van sy loopbaan op Prince Albert skoolgehou het. Hy het haar twintig jaar gelede ontval.

Haar brose liggaam hou haar baie kamergebonde, maar hier verdiep sy haar graag in die biblioteekboeke wat weekliks vir haar afgelewer word.

Dogter Naomi, 'n onderwysdosent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie op Wellington, bring op haar gereelde besoeke altyd ‘n nuwe koerant saam, en sy bly ook op datum met die nuus deur gereeld radio te luister.

Andersins gaan dit redelik goed met haar gesondheid, en is haar geheue nog baie skerp.

“My ma kan sommige dinge van sestig jaar terug so goed onthou wat ons al heeltemal vergeet het,” glimlag seun Johannes, wat onder meer konsul-generaal in die VSA, Kanada en Engeland was, en nou in Pretoria bly.

“Sy het ‘n lewendige belangstelling in alles en almal rondom haar,” vertel Naomi. “Kamer 30 se deur staan altyd oop vir mense.”

Haar onbaatsugtige versorging van haar kinders, haar liefdevolle ingesteldheid en haar bedagsaamheid teenoor ander is ook uitgelig tydens toesprake ter ere van haar verjaarsdag.

Naas haar twee kinders en hul lewensmaats Alex en Linda, is tant Alie ook die trotse ouma van agt kleinkinders en een agterkleinseun. - Engela Duvenage

* A Wellington resident has celebrated her 100th birthday.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za