Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Botsing eis vrou

Botsing eis vrou
 
2005-12-14


WAT die begin van hul Kersvakansie moes wees, het in ’n tragedie geëindig, toe drie bejaardes in ’n gru-botsing in Dutoitskloof betrokke was.

’n Vrou is na die ongeluk dood en haar man en ’n vriendin is beseer. Hul kat was ook in die motor, maar is ongedeerd uit die wrak gehaal.

Die ongeluk het 09:30 Sondagoggend aan die Worcester-kant van die Hugenote Tonnel plaasgevind toe die agter-as van ’n bakkie afgebreek het.

Die bakkie het tot stilstand gekom in die pad, maar geen noodligte is glo aangeskakel nie.

Die bestuurder van ’n Toyota Corolla wat vanaf Kuilsrivier na Robertson onderweg was, het nie besef dat die bakkie tot stilstand gekom het nie, en het van agter in die voertuig ingeploeg.

Marta-Maria Janse van Rensburg, wat voor langs haar man Jan gesit het, was vir meer as ’n uur lank in die wrak vasgepen terwyl reddingswerkers haar probeer stabiliseer het.

Meganiese kake moes gebruik word om haar uit die motor te haal.
Die drie insittendes is almal na die Paarl Medi-Clinic geneem.
Marta-Maria is in die vroeë oggendure van Maandag aan haar beserings oorlede.

Haar man en vriendin Bettie Blom is met ligte beserings gehospitaliseer.

’n Saak van strafbare manslag word teen die bestuurder van die bakkie ondersoek.

* A woman died after a freak accident in Du Toit’s Kloof.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za