Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oorlewende sterf

Oorlewende sterf
 
2005-12-21


EEN van die twee oorlewendes van ’n gru-ongeluk wat die lewens van drie mense geëis het in September is Vrydag oorlede.

Ludolf de Witt (23) van die Paarl was vir die afgelope drie maande met ernstige kopbeserings, wat hy in die ongeluk opgedoen het, in die hospitaal.

Na die ongeluk is hy in Tygerberg Hospitaal opgeneem, waarna hy na die Paarl Medi-Clinic oorgeplaas is.

Die ongeluk het plaasgevind toe die voertuig waarin hy gery het teen ’n vragmotor op die N1-hoofweg naby Brackenfell gebots het.

Saam met Ludolf in die ongeluk was sy suster Estelle Kruger (32), haar man Rudi (34), en hul kinders Rudolff (3) en Sumari (9mde).

Net Rudolff en sy oom Ludolf het die ongeluk oorleef.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za