Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Binnelander kom kuier

Binnelander kom kuier
 
2006-01-12

Malané Bosman

SY berei hulle voor op die ergste, en wanneer die dominee-egpaar van Wellington dan hul beroemde dogter in effe gewaagde tonele op die televisieskerm sien, is dit “glad nie so erg nie, my kind.”

Rolanda Marais sê ds Fanie Marais en sy vrou Charlotte is “brawe ouers”, want sy weet dis nie maklik om so in die publieke oog te wees met ’n dogter op die verhoog nie.

“Gelukkig is hulle oopkop en verstaan hulle my wêreld.”

Die egpaar is baie trots op hul dogter.

“Sy is so borrelend en vol lewensvreugde,” sê hulle.

“Sy wou van jongs af beroemd wees, maar noudat sy herkenbaar is, is dit met gemengde gevoelens. Terwyl sy nie altyd die aandag geniet nie, is dit vir ons nog lekker."

Die mooi donkerkop het al op Hugenote Hoërskool en aan die Universiteit van Stellenbosch gewys dat sy ’n aktrise van formaat is.

Vandag meen kenners sy is ’n toekomstige diva van die Suid-Afrikaanse verhoog.

Vir Rolanda was die Kersvakansie saam met haar gesin ’n wonderlike wegbreekkans van die harde werk voor die kameras in Gauteng.

“Ons was so ontspanne in Wellington en by die see het ons rondgelê en gestap. My pa en broer het begin kreefduik, maar gee my eerder Chardonnay van die Hemel en Aarde vallei.

Rolanda speel tans in die Suid-Afrikaanse produksie Binnelanders en is te sien in die nuwe Kanadees/Suid-Afrikaanse televisieproduksie Charlie Jade wat Sondagaand begin het.

Hoewel sy ’n bekende gesig was op Sewende Laan, trek haar hart eintlik na die verhoog.

Met haar goeie stem het sy al geskitter in musiekspele en in puik toneelstukke gespeel.

Die ontvangsdame by ’n kliniek in Binnelanders is nie ’n rol waarmee dié dinamiese 28-jarige Wellingtonner haar vereenselwig nie.

“Pille drink oor ’n man? Nie ek nie. Dis vir my heel belaglik,” lag sy.

“Maar ek verstaan haar gemoed en waardeur sy gaan. Die rol is van ’n naïewe jong meisie.”

Die naweek het sy ná haar vakansie in die Kaap weer binneland toe vertrek.

Saam met haar neem sy baie aandenkings, soos foto’s in haar kop.

Die groot liefde, Kaapse kunstenaar Adam Davies, vertrek dalk eersdaags uit die Moederstad om haar geselskap te hou in die verte.

Intussen soek Rolanda enige verskoning om af te kom Kaap toe.

* Stage personality Rolanda Marais spent a relaxing holiday with her
Wellington family.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za