Onderwyseres oorlede
2006-01-19
n BEKENDE onderwyseres van die Paarl, Marlene Roux (52), is verlede Saterdag oorlede ná ’n lang siekbed. Sy het aan kanker gely.
Roux was 33 jaar by Amstelhof Primêr. Sy het op 1 Januarie 1973 daar begin skool hou, waar sy in die junior primêre afdeling, later bekend as die grondslagfase, gewerk het.
Roux (neé Arendse) is gebore en getoë in die Paarl. Sy was by Noorder-Paarl Sekondêr, waarna sy na die Athlone Opleidingskool is.
Amstelhof se skoolhoof, Claude de Jager, beskryf haar as ’n toegewyde opvoeder wat met ywer en entoesiasme vele kinders deur haar hande laat gaan het.
“Sy het werklik haar volle gewig agter die groei en vooruitgang van Amstelhof geplaas. Die kinders was haar alles.
“Tot en met haar siekte, wat haar van Julie 2004 by die huis gehou het, was sy ’n staatmaker op sport- en kulturele gebied. Maar sy het eintlik tot haar reg gekom by blommerangskikking.”
Sy laat haar eggenoot Gary, ’n opvoeder by Paarl Vaardigheidskool, twee kinders, Gerard en Nadene, en ’n kleinseun, Jordaan, agter.
Die begrafnis is Saterdag om 10:00 by die huis te Maroelalaan 7 en 11:00 by St Stephens.
* A well-known teacher has passed away.
More
News
|